Eerste Winkel 1996

 
Kekkel en Kraai het sy ontstaan gehad in 1996 as n afset punt vir Tydstroom wat op daardie staduim aan Bokomo behoort het. Die eerste winkel het in 1996 geopen op Malmesbury in die Swartland(Wes-Kaap).Daar het baie vinnig nog winkels gevolg en teen 2008 was daar oor die 70 winkels hoofsaaklik in die Wes en Oos-Kaap.
 
Vandag strek ons bedienings gebied tot sover as Ladybrand en Senekal in die Vrystaat asook  in die Noord-Kaap in dorpe soos Kathu en Upington.
 
Kekkel en Kraai spesialiseer huidiglik hoofsaaklik in vars en gevriesde hoender produkte alhoewel daar winkels in sekere areas is wat ook verder verwerkte hoender produkte verskaf.Die reeks produkte het ook uitgebrei en verskaf ons vandag ook produkte soos eiers, souse en speserye wat ook onder die Kekkel en Kraai handelsmerk verpak word.
 

Eie Handelsmerk Produkte

 
Kekkel en Kraai roem daarop dat ons vir ons eie handelsmerk produkte wat ons verskaf slegs van een verskaffer gebruik maak om sodoende n eenvormige kwaliteit produk ten alle tye te verskaf aan die verbruiker.
 
Verskaffers word noukeurig gekeur en slegs maatskappy wat oor die voldoende akkreditasies besit word gebruik.
 
Die uniekheid van die groep le daarin dat ons aan die verbruiker kan voorsien in sy behoefte deur die produk aan hom te verskaf in die formaat en hoeveelheid wat hy verwag.Kekkel en Kraai het ook n uiters uitgebreide reeks van hoender produkte  wat dit baie gerieflik maak vir ons kliente.
 
Kekkel en Kraai is hoofsaaklik n eienaar gedrewe winkel en bykans al die winkels word deur die eienaar self bestuur.
 
Verder roem ons ons daarop dat :
 
  1. Die aanvangs kapitaal om n Kekkel en Kraai te begin baie billik is.
  2. Ten minste 2 aflewerings per week.
  3. Goeie ondersteunings basis.
  4. Baie sterk handelsmerk veral in Wes en Oos-Kaap.
  5. Gevestigde konsep,prosedure en stelsel.